Sorina, wat op TV en in musiekkringe as Die Flooze bekend is, skryf op haar Facebook-blad haar eersteling speel die “hoofrol” in die video; sy skryf ook dit is “die mooiste musiekvideo […] wat ek nog ooit gemaak het saam met die grootste geskenk van Bo”.

“Toe ek laasjaar verneem dat ’n nuwe lid van ons gesin sy opwagting gaan maak, het ek ’n liedjie geskryf om die nuwe bondeltjie, Braambossie (haar bynaam vir Braam), in hierdie wêreld te verwelkom.”

“Sedert sy geboorte drie weke [gelede], was daar baie mense wat wou weet hoe lyk die klein karnallie. Hoewel ons baie aanbiedinge gekry het om hom op verskeie maniere eksklusief aan die wêreld en media bekend te stel, wou ek en manlief dit graag self op ons eie manier doen met ’n spesiale liedjie in gedagte.”

“Vandaar het ons toe sommer ons eie eksklusiewe musiekvideo gemaak waar Braambossie inderdaad die hoofrol vertolk.”

Kyk dit hier: