Die nuwe ma Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze van Witbank, het gister op haar Facebook-blad geskryf van hulle eerste gesinsuitstappie sedert hulle seun se geboorte op 14 April.

“Vandag ons 1ste uitstappie as gesinnetjie... Braambossie 10dae al inni wêreld & hy word vandag geweeg. Ons van is nou nie meer die Riekerts nie maar oor ons nou 3 is, is ons sommer die dRiekerts, hiehiehie. LEKKER DAG MY TJOMMAS”

Sorina se man, Braam Riekert, sê dat hulle klein Braam baie geniet.

“Hy is gesond en sit mooi gewig aan; hy weeg nou 3 kg. Ons leer maar nog baie. Babas is amper soos gholf speel: Sodra jy dink jy is Ernie Els, slaat jy die bal in die bos in en moet hom dan weer gaan soek,” spot hy. En hy voeg by dat klein Braambossie nes sy pa lyk.

- Suzanne Venter