Braambossie 10 weke

Sorina het Maandag dié skattige foto gedeel van haar en manlief Braam Riekert se seuntjie, ook Braam, op die sosiale netwerk Facebook. Hy was toe presies 10 weke oud en sy het daarby geskryf: “Ons seuntjie-lief Braambossie het begin lag. JOY LIKE A FOUNTAIN!!!”

Sorina is tans druk besig in die ateljee om haar nuwe album op te neem en klein Braambossie, soos sy en Braam hom graag noem, is deurentyd by.

“Dit gaan baie goed met ons. Hy is so soet en eet en slaap maar meestal. Hy huil net wanneer hy honger is,” vertel Braam.

“Die oulikste is dat hy ons nou begin herken. En daai glimlaggie. Hy raak sommer ekstra vriendelik wanneer hy sy ma se stem hoor,” sê Braam.