Dit lyk of almal die Flooze van Witbank ken. Waar sy ook al gaan, is daar mense wat haar groet met haar kenmerkende handgebaar met die uitgestrekte pinkie en wysvinger. Soos wat die ou by die tafel langsaan pas gedoen het . . .

En dis nie net Afrikaanssprekendes nie. Sorina Erasmus se man en bestuurder van die afgelope vyf jaar, Braam Riekert, vertel van ’n ontmoeting met ’n aanhanger na´ ’n vertoning hier in Sun City die vorige dag.

“Toe ons na ons parkeerplek toe loop, kom die ou wat die asblikke uitsorteer nader gestorm en groet ons met ’n ‘Hoesit, tjom- ma?’ En se^ toe: ‘I like you, I watch you on 7de Laan.’ Dis amazing. Almal hou van die´ karakter.”

Sorina self is ewe dol oor haar karakter en die roem wat dit haar besorg het. Tog was haar verhouding met die Flooze nie altyd so maklik nie, bieg sy.

Lees Suzanne Venter se artikel in Huisgenoot 17 Oktober 2013