[caption id="attachment_120181" align="alignnone" width="600"]Sorina het omtrent die slapies afgetel na Miana se koms. Hier is een van die foto's wat sy met haar aanhangers op Facebook gedeel het. Foto: Denielle Janse van Rensburg Sorina het omtrent die slapies afgetel na Miana se koms. Hier is een van die foto's wat sy met haar aanhangers op Facebook gedeel het. Foto: Denielle Janse van Rensburg[/caption]

Miana het vroeër Woensdag haar opwagting gemaak. “Welkom in ons wêreld, mooiste Miana-meisiekind! Jy is ’n beeldskone engeltjie gestuur vanaf God se paradys. Ons het jou lief in Hoofletters,” het Sorina in sosiale media geskryf. Haar jongste album is getiteld Hoofletters.

Lees ook: Sorina se krulkop-man ‘glad nie bang om hand by te sit’ met kleingoed

[caption id="attachment_120182" align="alignnone" width="600"]Sorina en haar gesin lyk darem dolgelukkig op hierdie foto. Foto: Denielle Janse van Renseburg Sorina en haar gesin lyk darem dolgelukkig op hierdie foto. Foto: Denielle Janse van Renseburg[/caption]

Sorina en haar man Braam Riekert is reeds die trotse ouers van Braam jr. (amper 2) – of soos hulle hom noem, “Braambossie”. Hulle dogtertjie is na Sorina se ma genoem. Haar doopname is Mariana Elizabeth. Maar vir die noemnaam het hulle Mariana na Miana verkort.

Volgens Sorina beteken haar naam: "God is genadig en die liefde van my lewe.”

Kyk ook: Pragtige foto’s van swanger Sorina

[caption id="attachment_120186" align="alignnone" width="600"]Kyk hoe oulik lyk klein 'Braambossie' by sy ma. Foto: Denielle Janse van Rensburg Kyk hoe oulik lyk klein 'Braambossie' by sy ma. Foto: Denielle Janse van Rensburg[/caption]

Sorina het verlede week aan Huisgenoot gesê: “Ons het altyd gedink ons weet wat liefde is. Maar toe Braambossie sy opwagting maak, het ons besef ’n mens het nooit ’n benul gehad van hoe groot onvoorwaardelike liefde werklik is nie. Ons voel dit ook met sy sussie.”

Sy het bygevoeg dat Braambossie met sy krulhare net soos sy pappa lyk.

Lees ook: Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

[caption id="attachment_120188" align="alignnone" width="600"]Die gesin het hier nog op die koms van klein Miana gewag. Foto: Denielle Janse van Rensburg Die gesin het hier nog op die koms van klein Miana gewag. Foto: Denielle Janse van Rensburg[/caption]

Huisgenoot is baie nuuskierig om te sien na wie Miana lyk. ’n Sonar wat vroeër geneem is het bevestig sy het haar mamma se lengte.

Baie geluk Braam en Sorina – ons kan nie wag om julle prinsessie te sien nie!

– Marisa Fockema

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk watter sangeres verjaar vandag!

Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!

Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic

Kyk: Taylor Swift en Calvin Harris al te danig op tropiese eiland

Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek