En daar doen Sorina dit weer!

Ná die gewilde sangeres en aktrise, algemeen bekend as Die Flooze, in Mei verlede jaar haar eersteling met die troetelnaam Braambossie in 'n musiekvideo aan die wêreld bekend gestel het, deel sy weer ’n volgende verrassing op ’n soortgelyke manier.

Die verskil is hierdie keer is die kleinding nog nie gebore nie. In 'n nuwe kriptiese musiekvideo vir haar treffer Hoofletters, deel die sanger subtiele wenke met haar aanhangers dat daar dalk weer 'n klein pienkvoet op pad is.

In die video kan tekens van 'n swanger magie by Sorina bespeur word, en aan die einde van die video hou sy 'n sonar-foto vas.

[caption id="attachment_109766" align="alignnone" width="600"]Bron: YouTube Bron: YouTube[/caption]

Gaan Braambossie dalk ’n nuwe bababoetie of –sussie verwelkom?

Sorina het die blye nuus pas eksklusief aan Huisgenoot bevestig. Sy en haar man, Braam Riekert, verwag hul tweede kleinding.

Maar hoekom die nuus so kripties in 'n musiekvideo breek?

"Wel, die liedjie gaan daaroor dat jy jou liefde in hoofletters moet uitbasuin. En 'n baba is die 'ultimate' liefde," het Sorina by monde van haar agent, Jenny Griesel, gesê.

Baie geluk aan die paartjie!