.

1 Hoe hanteer jy ernstige probleme?

(a)  Jy koop twee pizzas om jou die stres te help hanteer.

(b)  Jy kla daaroor by enigeen wat sal luister.

(c)  Probleme? Daar is nie iets soos probleme nie, net oplossings.

(d)  Jy twiet daaroor.

(e)  Jy haal dit uit op jou kêrel/meisie.

2 Hoe voel jy oor Scott Disick?

(a)  Hy’s koel. Beslis iemand met wie jy op ’n Saterdag kan uithang.

(b)  Jy hou van hom; hy lyk na ’n goeie pel.

(c)  Jy kan sy arrogansie nie verdra nie.

(d)  Um, jy steek dalk net iewers ’n Scott Disick-plakboek weg.

(e)  Jy’s mal oor alles omtrent hom -- tot sy bynaam, The Lord.

3 Hoe sou vriende jou beskryf?

(a)  Stil en skaam.

(b)  Gewild en baie stylvol.

(c)  Oorheersend en ambisieus.

(d)  Prettig en funky.

(e)  Terughoudend en ernstig.

4 Wat is die ergste ding wat mense oor jou kan sê?

(a)  Jy’s vet.

(b)  Jy’s irriterend.

(c)  Jy raak grys.

(d)  Jy’s nie snaaks nie.

(e)  Jou uitrusting lyk aaklig.

5 Tydens ’n meningsverskil sal jy . . .  

(a)  In trane uitbars en vlug.

(b)  Lelik begin huil en jouself bejammer.

(c)  Die woordewisseling wen.

(d)  Gil dat die berge antwoord gee.

(e)  Stilstuipe kry.

6 Wat doen jy graag in jou vrye tyd?

(a)  Draf en doen navorsing oor gesonde eetgewoontes.

(b)  Koop ontwerpersklere.

(c)  Bedink ’n plan om die wêreld te oorheers.

(d)  Soek vir die volgende partytjie.

(e)  Hang by die huis op die rusbank uit.

7 Wat sal jy met jou eerste miljoen koop?

(a)  ’n Sportmotor en baie sokkies.

(b)  Juweliersware, klere en motors.

(c)  Nog ’n sakeryk.

(d)  Haarverlengings, klere, grimering.

(e)  Gimtoerusting en aanvullings.

8 Hoe voel jy oor privaatheid?

(a)  Jy heg waarde daaraan en het ’n hegte groepie vriende.

(b)  Dis ’n vermorsing vir iemand wat so gewild is.

(c)  Jy sal dit vir die regte bedrag prysgee.

(d)  Jy het nog nie veel daaroor gedink nie.

(e)  Jy sal dit nie prysgee vir aandag nie.

9 Beskryf jou ideale maat.

(a)  Atleties en dit sou koel wees as hulle kan sing.

(b)  ’n Romantikus wat sukses behaal met alles wat hulle aanpak.

(c)  Solank hulle doen wat jy sê, is alles reg.

(d)  Jou hou van stoutseuns/meisies met houding.

(e)  Jy hou van ernstige ouens/meisie en mooi was nog nooit lelik nie.

10 Beskryf jou volmaakte dag

(a)  Hang by die huis uit huis met kos en flieks.

(b)  ’n Besoek aan die spa en dan middagete saam met vriende.

(c)  Sonbaai, manikuur- en haarbehandelings.

(d)  Om lekker laf te wees saam met vriende en familie.

(e)  Inkopies en uithang by die huis.

JOU TELLING

Meestal A’s

Jy is Rob

Jy’t heelwat gemeen met die enigste Kardashian-boetie. Wees net versigtig om nie jou ouers of sibbes vir jou probleme te blameer nie en bly weg van onnodige drama.

Meestal B’s

Jy is Kim

Gee pad voor, daar’s ’n nuwe Kimmy in die omtrek! Jy hou van glans en sal nie nee sê vir so ’n bietjie drama elke dan en wan nie.

Meestal C’s

Jy is Kris

Jy hou van in beheer wees. Wees net versigtig dat jy nie jou vriende en geliefdes oordonder nie.

Meestal D’s

Jy is Khloé

Jy is net so prettig en ontspanne soos Khloé – maak net seker dat jy elke af en toe vasstel hoe jy regtig oor dinge voel.

Meestal E’s

Jy is Kourtney

Jy kan by tye buierig wees en het ’n liefde/haat-verhouding met drama en aandag. Probeer jou gevoelens duideliker oordra om so verwarring te vermy.

- Edna Isaacs

Ekstra bron: buzzfeed.com