Asof dit nie genoeg is dat die huidige ekonomiese klimaat sommige onder ons na sterk drank en sigarette dryf nie, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, 'sondaars' vanmiddag in sy begrotingsrede nog rede gegee om te drink: Van môre af sal jy tussen ses en tien persent meer vir alkoholiese drankies en sigarette betaal.

[caption id="attachment_160446" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Lees ook: Begrotingsrede 2017 – alles wat jy moet weet

Met 'n pakkie sigarette wat deesdae gemiddeld R36 by 'n supermark kos, beteken dit jou twakkies sal jou na raming byna R40 uit die sak jaag.

Vir 'n bottel hardehout wat sowat R120 kos, sal jy nou sowat R132 hoes en 'n bottel wyn van R55 sal jou na dese R60 kos.

Vir pensioentrekkers wat van die staaf afhanklik is, is daar darem effe goeie nuus: Indien jy bo 60 is sal jou maandelike staatstoelaag met R90 tot R1 600 styg en dié wat bo 75 is, sal nou R1 620 kry.