Luidens berigte het vyf gewapende rowers Vrydagoggend 9 SAI (9 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon) in Khayelitsha bestorm nadat hulle die wagte by die hek oorrompel het.

Altesaam ses gewere is tydens die voorval gebuit. Die wagte is van hul R4-wapens en ammunisie beroof. Die wagte is glo daarna deur die rowers gedwing om die basis binne te gaan waarna ’n verdere vyf weermaglede deur hulle oorweldig is.

Die weermaglede is na bewering gedwing om ’n kluis oop te sluit.

Brig. genl. Mafi Mgobozi het die rooftog bevestig maar geen verdere besonderhede is beskikbaar gestel nie.

Dit is nie die eerste keer dat ’n militêre basis deur rowers geteiken word nie.

In Augustus 2016 het ’n groep militêre toerusting, aanvalsgewere en handgranate van die Simonstad-vlootbasis gebuit. Drie is in hegtenis geneem. Een van die drie, Duncan Gouvias, is vroeër vanjaar effektief tot 43 jaar tronkstraf opgelê.

Bron: news24.com