Sy pa, Jorge, is dieselfde straf opgelê. Albei mag wel teen die vonnis appèlleer. Lionel is ook ’n boete van 2 miljoen euro (sowat R33 miljoen) opgelê en sy pa 1,7 miljoen euro (naastenby R28 miljoen).

Daar word gereken dat Lionel met sy huidige klub-verpligtinge ’n salaris van nagenoeg 30,5 miljoen euro (in die omgewing van R502 miljoen) sal verdien. Volgens berigte beteken die vonnis, wat in effek korter is as twee jaar, nie noodwendig dat hy noodwendig ooit fisies agter tralies sal beland nie. Ingevolge Spaanse wetgewing mag hy dalk op bepaalde voorwaardes vrygelaat word. Die moontlikheid bestaan dat van dié voorwaardes dalk die inperking van sekere belastingvoordele en boetes sal inhou. Lionel en sy pa word aangekla daarvan dat hulle belasting ontwyk het in Spanje vir die tydperk van 2007 tot 2009.

Dié bedrag beloop glo minstens 4,1 miljoen euro. Daar word beweer dat Jorge Messi nie belasting op sy seun se inkomste betaal het nie deur eerder buitelandse beleggings in maatskappye in Belize en Uruguay te maak. Lionel se regspan beweer hy het nooit soveel soos ’n minuut spandeer aan die lees, bestudering of analisering van sy kontrakte nie.

’n Spaanse staatsaanklaer het gesê dat hy nie Lionel se getuienis sommer net aanvaar nie. Sy argument was dat “selfs ’n kind van 10 jaar oud” weet belasting moet betaal word.

Lionel het laas week erken hy het talle dokumente onderteken sonder om dit deur te lees. Hy het glo ook al die regte op sy foto’s aan ’n buitelandse maatskappy vir ’n appel en ’n ei verkoop.

Vertoë in 2015 dat die saak uitgegooi moes word, is egter deur die regter verwerp. Beide het onskuldig gepleit.

Die saak is verlede week oor ’n tydperk van vier dae aangehoor.

Lionel en sy pa het glo ’n “regstellende betaling” van 5 miljoen euro in Augustus 2013 gemaak. Die bedrag is na bewering gelykstaande aan die onbetaalde belastinggeld plus rente.

Van Lionel Messi se top-doele

Reaksies op die man met die goue stewel se suksesse.

Die skokaankondiging: Geen Messi meer vir internasionale sokker nie.

Twitter se reaksie

Bronne: skynews.com, bbc.com, skysports.com, espnfc.com, nypost.com, abcnews.com