Die aktrise Sofía Vergara word glo deur haar eie bevrugte eiers gedagvaar.

Dit blyk die toesigstryd tussen die Modern Family-ster en haar voormalige verloofde, Nick Loeb, oor bevrugte embrio’s het nog ingewikkelder geraak. Page Six het gister berig ’n nuwe hofsaak is namens die bevrugte eiers aanhangig gemaak.

Nick (41) en Sofía (44) het die embrio’s in 2013, toe hulle nog ’n paartjie was, as deel van in vitro-bevrugtingsbehandeling (IVB) laat vries.

Nadat hul verlowing in 2014 verbreek is, het die sakeman Sofía in Kalifornië gedagvaar vir toesig van twee van die eiers wat bevrore gebly het. Die saak duur steeds voort.

Lees ook: Regter bekragtig Brangelina se toesigooreekoms

Gister het aan die lig gekom ’n saak is namens die twee vroulike embrio’s gemaak wat “Emma” en “Isabella” as die klaers in die saak genoem word.

Volgens redakteurs by die New York Post se Page Six is regsdokumente ingedien in die staat wat wette het wat spesiale beskerming vir bevrore embrio’s bevat. In die dokumente word aangevoer dat deur nie gebore te word nie “Emma” en “Isabella” ontneem is van ’n erflating uit ’n trust wat in Louisiana vir hulle geskep is.

In die hofsaak word blykbaar ook ’n “trustee” vir die bevrugte eiers, James Carbonnet, as ’n eiser genoem. Daar word gevra die bevrore embrio’s moet aan Nick oorhandig word sodat hulle kan leef en die trust ontvang wat vir hulle geskep is. Lees ook: Jennifer Aniston se antwoord toe Brad Pitt haar onlangs uitnooi vir ete In die regsdokumente word ook glo aangevoer ’n kontrak is ongeldig wat Sofía en Nick gesluit het by die voortplantingsentrum in Kalifornië wat die IVB-behandeling toegepas het, want dit is strydig met wetgewing in Kalifornië en Louisiana. Volgens die kontrak moet albei partye se toestemming verkry word voor die eiers tot die volle termyn ontwikkel word. Sofía, wat nou met die Magic Mike-akteur Joe Manganiello (39) getroud is, hou deur haar prokureurs vol sy wou die embrio’s bevrore gehou het.

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

Verlede maand het die waterskeiding-regstryd nog ’n bitter wending geneem toe ’n regter in die appèlhof in Kalifornië daarop aandring dat Nick die name van twee vroue bekendmaak wat na bewering hul swangerskap beëindig het terwyl hy 20 jaar gelede met hulle uitgegaan het.

Hy het sedertdien geweier om die name bekend te maak en aan die New York Post gesê: “Ek sal eerder tronk toe gaan as om die name bekend te maak. Ek glo ek moet ’n vrou se reg tot privaatheid beskerm.”

© Cover Media