• Lewer 15 vierkante
  • Bereiding: 5 minute
  • Gaarmaaktyd: 25 minute

Jy benodig:

  • 80 ml (? k) water
  • 500 ml (2 k) suiker
  • 60 g botter
  • 30 ml (2 t) heuning
  • 385 g (1 blikkie) kondensmelk
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel

Maak so:

  • Plaas water en suiker in pot oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is.
  • Voeg botter en heuning by en meng. Roer kondensmelk by en laat stadig kook. Roer tot mengsel sagtebal-stadium (sien nota) bereik of ’n donker karamel kleur kry.
  • Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel met houtlepel by. Gooi in geolie pan en laat afkoel. Sny in vierkante as dit koud is.

Let op: Toets deur ’n klein hoeveelheid in ’n glas koue water te laat val – die mengsel is reg wanneer die balletjie tot op die bodem afsak.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.