Wat hy in alle waarskynlikheid geheim wou hou, word nou in skel kleure op ’n pragtige, splinternuwe Range Rover uitgegil. Op die luukse wa, wat jou in Suid-Afrika meer as R1 miljoen uit die sak sal jaag, is die boodskap duidelik gelaat: “Dis verby”, “Kuller” en “Hoop sy was dit werd!”

Verbygangers het hulle verstom aan die wrewelrige “kunswerk” wat voor Harrods in Londen se deftige Knightsbridge geparkeer staan.

Tot nou toe is dit onseker wat die graffitikunstenaar se werklike verhouding met die man is. Wat wel nie betwyfel kan word nie, is dat die eindresultate tot die kuller se groot openbare vernedering gelei het.

Talle toeskouers het foto’s op sosiale media gedeel. En hulle natuurlik verkneukel aan die man se penarie.

Natuurlik was daar wyse raadgewers wat eerder die bande sou stukkend sny as om die verfwerk te beskadig. Ander het dit as kinderagtig en onnosel beskryf, terwyl die meeste voel iemand wat ’n ander verkul, verdien geen simpatie nie.

Om sake te vererger is dit nie net die verf wat hom ’n paar pond uit die sak gaan jaag nie, maar ook ’n boetekaartjie, want ta staan ewe doodluiters op ’n geel streep geparkeer.

Voor gesê word dat mans gewoonlik die stoute skoene aantrek, het hierdie man besluit dis tyd om sy vrou ’n les te leer nadat hy haar profiel op ’n internetafspraakwebtuiste gevind het.

Bronne: yahoo.co.uk, mirror.co.uk, Facebook.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Eksklusief: Ma van sesjarige maak hart oop nadat haar seun deur ’n luiperd aangeval is

Padwoede-voorval: ‘Ek het nog gedink ons gaan net woorde wissel, toe klap sy my’

Hier’s wat jy moet doen as jy in die nuwe Facebook-virusstrik getrap het

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte