375ml (1½k) hawersemels

375ml (1½k) laevetmelk

310ml (1¼k) bruismeel

135ml (½k) sagte bruinsuiker

10ml (2t) kaneel

80ml (?k) laevetmargarien

1 eier

125ml (½k) fyngekapte dadel

Voorverhit die oond tot 190 grade C en voer die holtes van ’n muffinpan uit met papierbakkies. Besproei liggies met kleefwerende voedselolie.

Meng die hawersemels en melk in ’n bak en laat staan vir 15 minute.

Meng die meel, suiker en kaneel in ’n bak. Smelt die margarien en klits dit in die hawersemelmengsel saam met die eier.

Voeg by die droë bestanddele en voeg die dadel by. Roer tot die bestanddele net gemeng is. Skep die mengsel die papierbakkies.

Bak vir 20 tot 25 minute of tot deeglik gaar. Laat afkoel op ’n draadrak en bere in ’n lugdigte houer.

Genoeg vir 12 klein muffins.

- Arina du Plessis