Australië se gesamentlike koördineringsentrum sê ’n onbemande duikboot het sedert verlede week 95 persent van die soekgebied van 310 km2 deursoek, maar niks van belang gekry nie.

Die sirkelvormige soekgebied wes van Australië het ’n radius van 10 km en is 4,5 km diep.

Die koördineringsentrum sê die duikboot gaan buite die 10 km-radius begin soek as daar niks opgespoor word nie van die vliegtuig wat op 8 Maart vermis geraak het. Daar was 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord.