Byna vier dekades ná sy dood fassineer die koning van rock en roll, Elvis Presley, aanhangers steeds.

En nou, as jy ’n paar miljoen dollar het wat los rondlê, kan jy ’n blik in Elvis se weeldelewe as stralerjakker kry.

Twee van Elvis se stralers wat al die jare op sy Graceland-landgoed in Memphis, Tennessee, uitgestal is, is nou te koop.

Die stralers is nie meer lugvaardig nie en is uitsluitlik memorabilia, het die afslaers Julien’s gesê.

Die Lisa Marie – genoem na Elvis se dogter – is ’n antieke Convair 880 en die kleiner Hound Dog II is ’n Lockheed JetStar.

’n Woordvoerder van Julien’s het gesê hulle verwag versamelaars, lugvaartgeesdriftiges en entrepreneurs wat die vliegtuie dalk elders wil uitstal, sal ’n geslote op die vliegtuie bie.