June en Barry Steenkamp sal die komende naweek van Port Elizabeth na Kaapstad reis om ’n geleentheid van die stigting by die V&A Waterfront by te woon. Hulle sal dan ook ’n paar woorde ter nagedagtenis aan hul dogter sê.

A photo posted by foreverreeva (@foreverreeva) on

“Hulle is positief oor die toekoms en die positiewe verskil wat die stigting in die lewe van vroue en kinders gaan maak,” vertel Kim Martin, Reeva se niggie en hoofbeampte van die Reeva Rebecca Steenkamp Foundation.

Dis op 19 Augustus verlede jaar gestig, op die dag dat Reeva 33 jaar oud sou word.

  As deel van die 16 dae van aktivisme teen die mishandeling van vroue en kinders, bied die stigting die naweek ’n geleentheid by die beroemde kloktoring in die V&A Waterfront aan. Die tema is “Staan sterk teen mishandeling”. Daarom gaan van die land se sterkste mans en vroue hul krag aan besoekers wys. Johan Els, die wenner van Afrika se Sterkste Man-kompetisie, sowel as ander kragatlete gaan deelneem. Liesl Schoonraad, kragvrou en ambassadeur van die stigting, gaan deelneem aan ’n uitdaging waar swaar vragmotorbuitebande van 80 kg elk omgekeer word om binne die twee dae ’n totaal van 100 ton te bereik. Dis so swaar soos 34 Afrika-olifante, 100 Bantam-bakkies, of vyf sleepbote.
“As ’n mens haar vorige kraguitdagings in ag neem, is ons seker sy gaan haarself verby daardie punt druk,” voorspel Kim. “Ons is opgewonde oor hierdie geleentheid,” vertel Kim. “Deur hierdie uitdagings wil Liesl en die ander wys dat ons almal die krag en uithouvermoë het om moeilike situasies te bowe te kom en dat vroue in ’n gewelddadige verhouding ook die innerlike krag het om hul situasie te verander,” vertel Kim.

A photo posted by foreverreeva (@foreverreeva) on

Sy self was een van die Steenkamps se sterkste steunpilare tydens die hofsaak, waarin die Olimpiese lemnaeler, Oscar Pistorius, eindelik skuldig bevind is aan die dood van Reeva op 14 Februarie 2013. Dit was Valentynsdag. “Ek moes dit doen,” het Kim destyds tydens Oscar se voorvonnisverrigtinge gesê. “Ek moes dit vir Reeva doen. Ek is dit aan haar verskuldig. Ek het geweet Reeva het ’n stem nodig.” Nadat June en Barry op 14 Februarie uitgevind het Oscar het hul jongste kind doodgeskiet, was hulle histeries, het Kim destyds vertel. Hierdie stigting help met die helingsproses van haar ouers, familie en vriende.

A photo posted by foreverreeva (@foreverreeva) on

Die geleentheid by die Waterfront wil mense ook van die Reeva Pack-veldtog bewus maak. Dis ’n pakkie inligting oor huishoudelike geweld wat in plekke soos klinieke, hospitale, skole en polisiekantore geplaas gaan word om oorlewendes te help bemagtig.

Elke jaar sal die stigting ook ’n beurs gee aan ’n regstudent wat in familiereg studeer. Die eerste beurs was aan Olga de Wet van Port Elizabeth.

Die derde doel van die stigting is om plekke van veiligheid vir mishandelde vroue en kinders landwyd te open.

Mense kan geld skenk deur *120*406# te skakel en ’n skenking van tussen R2 en R20 te doen. Of stuur die woord STRONG na 40117 (R20-skenking) of 38223 (R10-skenking).

KLIK HIER vir meer inligting. meer inligting, besoek.

Ekstra bronne: city-press.news24.com en netwerk24.com

#16Dae: Organisasies wat kan help

1. FAMSA (landwyd): Bel 011 975 7101, e-pos national@famsa.org.za of gaan na www.famsa.org.za vir inligting en hulp.

2. Lifeline (24-uur): 0861 322 322.

3. POWA (People Opposing Women Abuse):083 765 1235 of gaan na www.powa.co.za vir meer inligting en hulp.

4.Legal Aid South Africa: 0861 053 425 of besoek www.legal-aid.co.za vir bystand

5. Rape Crisis: 011 642 4345/ 021 447 9762.

6. SA Polisie-noodnommer: 10111