Die omstrede Christoff Becker (27) het ’n nuwe poging aangewend om weer op parool vrygelaat te word, berig Beeld. Sy dringende hofaansoek word Vrydag aangehoor. Die tronkowerheid staan dit teë.

Becker – een van die Waterkloof-vier - word tans glo in algehele afsondering in die Kokstad-maksimumveiligheidstronk aangehou.

Volgens Beeld voer Becker in hofstukke aan dat hy op 16?Februarie ná vyf dae op parool onregmatig gearresteer is en dat hy nie sy paroolvoorwaardes oortree het nie.

Maar, in ’n teenargument sê die departement van korrektiewe dienste (DKD dat hy moes in die eerste plek nie parool gekry het nie.

Becker se besit van ’n selfoon terwyl hy in die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria was en bewerings van wangedrag het gelei tot die terugtrekking van sy parool.

Hy en Frikkie du Preez (27), nog ’n lid van die Waterkloof-vier, is in Februarie gearresteer nadat ’n video wat hulle kort voor hul vrylating in die tronk verfilm he die ronde begin doen het. Du Preez is steeds in Kgosi Mampuru.

LEES MEER HIER

Bron: Beeld.com