Inwoners van Kaapstad én Johannesburg het omtrent die laaste week onder die elemente deurgeloop.

WEER_Jimmy M
Nie net het verwoestende vloedwaters in Johannesburg verkeer tot 'n stilstand geruk en selfs lewens geëis nie, maar in Kaapstad was die wind so sterk dit het paaie toe onder die sand gewaai.

Ongelukkig lyk dit nie of daar vir Kapenaars binnekort verligting gaan wees nie. Die voorspellingswebtuiste Wind Guru beraam dat die winde Saterdagoggend die Kaap tussen 35 en 50 kilometer per uur gaan tref en op Sondag gaan dit tot 49 kilometer 'n uur waai.

In Johannesburg gaan die reën ook voortduur. Saterdag gaan die reënbuie glo voortwoed en moet inwoners uitkyk vir fratsvloede.

Gelukkig bring Sondag sonskyn en gaan die ergste reën glo teen Saterdagaand verby wees.