Jennifer Aniston se egskeiding van Brad Pitt was nie “pynlik” nie.

Die 45-jarige aktrise van Cake was van 2000 tot 2005 met die 51-jarige ster van World War Z getroud.

Albei het nou aan beweeg na nuwe verhoudings en Jennifer is oorbluf oor gerugte dat sy steeds aanhoudend oor haar en Brad se mislukte verhouding praat.

“Dis nie vir my pynlik nie,” het die Friends-ikoon tydens ’n onderhoud op die Amerikaanse geselsprogram CBS Sunday Morning gesê. “Ek dink dis ’n verhaal wat jou volg, want dis ’n interessante opskrif. Dis grotendeels ’n mediagedrewe onderwerp.”

Jennifer is nou verloof aan Justin Theroux en Brad het in Augustus 2014 met Angelina Jolie afgehaak.

Jennifer onthul sy en Brad is vriendelik met mekaar, maar glad nie groot vriende nie.

“Ons wens mekaar goeie dinge toe, maar dit gebeur nie die heeltyd nie,” het sy opgemerk.

Mense gis oor die standvastigheid van Jennifer se romanse met Justin omdat die paartjie steeds nie getroud is sedert hulle in Augustus 2012 verloof geraak het nie.

Sy het ontken die verhouding is op die rotse in uittreksels van dieselfde onderhoud met CBS wat vooraf gewys is.

“Ek dink ek het gewoonlik ... regtig, daar was ’n tyd toe ek vasbeslote was om te sê: ‘Dis nie waar nie, dis nie reg nie, dis nie regverdig nie.’ Nou dink ek net jy moet dit van jou rug laat afrol. Jy besef almal weet dis nonsens en soos ’n sepie op papier. Die belangrikste ding is om net te fokus op wat jy weet waar is en wat julle gelukkig maak en, jy weet, ons weet wat ons waarheid is. Dis alles staties,” het Jennifer gesê.

© Cover Media