Jen Aniston was waarskynlik die eerste mens wat in jou gedagtes opgekom het toe jy hoor die Hollywoodse kragpaar Brad Pitt en Angelina Jolie beëindig hul verhouding van 12 jaar.

Jen wil waarskynlik “uit die egskeidingsnarratief gehou word”, al het die Amerikaanse skinderblad Us Weekly na bewering kommentaar van ’n bron na aan die ster verkry.

“Ja, dis vir jou karma!” het Jen glo gesê terwyl sy die drama met ’n “jarelange vriend” bespreek het.

“Sy het altyd die gevoel gehad iets sou eindelik met hulle gebeur.”

“Sy het nie gevoel Angelina is werklik die een by wie Brad bedoel was om te bly nie. Sy het altyd gevoel Angelina is te kompleks vir hom. Hy is ’n taamlik eenvoudige ou.”

Lees ook: Gerugte van dwelms, affairs en Russiese prostitute: Is dit waarom Angie en Brad gaan skei?

Vertolk dit nes jy wil, maar dit lyk onwaarskynlik dat Jen ’n “jarelange vriend” sou hê wat alte graag met die skinderblad sou praat kort nadat hulle Brangelina se verbrokkelende huwelik met Jen bespreek het. Maar ons dwaal af.

Terwyl Jen waarskynlik eers oor verskeie jare haar mening oor die onderwerp sal lug (sy het eers ’n DEKADE nadat sy en Brad uitmekaar is hart oopgemaak oor haar egskeiding), maar die internet het ander idees. Kort nadat die skoknuus bekend geword het, het ’n stortvloed gifs, memes en Jen-grappies op Twitter en ander sosiale media begin verskyn. Hier is ’n paar van die vele #TeamJen-plasings wat jou waarskynlik sal laat giggel.