Paasfees is ’n spesiale tyd van die jaar, een wat vir baie mense sinoniem is met familietyd, kerkdienste, tradisionele geregte en ontspan.

ELVIS BLUE

[caption id="attachment_3735" align="alignnone" width="600"]Foto: Argiewe Foto: Argief[/caption]

Jan Hoogendyk, beter bekend as Elvis Blue, sê hy en sy gesin is uiters vervelige mense.

“As ek by die huis is, is ek net so bly om daar te wees.”

Vir Jan is die lekkerste Paasfees wanneer hy by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) optree.

“Dit is naby my huis so ek kan huis toe gaan en daar slaap.”

Jan en sy gesin beplan om Vrydag kerk toe te gaan en oor die res van die naweek tree hy een of twee keer op. Een tradisie waarby Jan nie hou nie, is Paasbolletjies.

“Ek hou nie van rosyntjies en brood nie. Dit werk nie vir my nie,” sê hy.

Lees ook: Vyf prettige selfdoen-projekte vir kinders vir Paasfees

CARIKE KEUZENKAMP

[caption id="attachment_121037" align="alignnone" width="600"]Foto: Carike Keuzenkamp / Facebook Foto: Carike Keuzenkamp / Facebook[/caption]

Carike Keuzenkamp sê hulle steek gewoonlik Paaseiers weg, maar dié tradisie verander vanjaar, omdat net haar en haar man, Olaus van Zyl se twee jongste kleinkinders, Ewan (2) en Christi (drie weke) vanjaar Paasfees saam met hulle by die see by Jongensfontein in die Wes-Kaap deurbring.

Die twee is hulle jongste dogter, Maryke, se kinders. Hulle gaan saam kerk toe op Jagersfontein of Stilbaai en Carike beplan om Vrydag tradisioneel lamsvleis te maak.

ELANA AFRIKA

[caption id="attachment_121038" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Ian Bredenkamp, Elana Afrika en hul dogter, Ester Beth. Foto: Verskaf[/caption]
Elana Afrika se man, Ian Bredenkamp sê hy is mal daaroor om vir die kinders paaseiers in die tuin weg te steek. “Toe ek ’n kind was sou my pa geweldig moeite doen om vals voetspore in die huis en tuin te laat om ons van die paashaas te oortuig. Vanjaar is klein Ester Beth (1) se eerste regte paaseiersoektog, so ons sal dit vir haar en my twee ander kinders, Adam (10) en Leila (11), doen – groot pret! Daarbenewens sal ons by Elana se ma ’n draai maak vir ongelooflike lekker tradisionele, gepekelde vis!” IZAK DAVEL

A photo posted by Izak Davel (@izakdavel) on

Izak Davel sê hy en sy vrou, Mericke gaan gewoonlik Paasfees na sy ma-hulle, in Moltino in die Oos-Kaap, maar vanjaar bly hulle tuis in Pretoria.

Lees ook: Oulike origami vir Paasfees

Hulle het aan die begin van Maart in ’n nuwe huis ingetrek en beplan om oor die Paastyd die huis en tuin mooi te maak.

JOHAN STEMMET

[caption id="attachment_121039" align="alignnone" width="600"]Foto: Johan Stemmet / FacebookJohan Stemmet (regs) een sy eertydse Noot-vir-Noot-kollega, Johan van Rensburg kuier saam. Foto / Facebook[/caption]

Johan Stemmet sê hy en sy ander helfte (sy vrou, Colleen) sit op Langebaan na die see en kyk. “Ek bly weg van Paaseiers af, want ek word al vetter!”

RINA HUGO EN JOHAN VAN RENSBURG

Vir Rina Hugo en haar man, Johan van Rensburg is Paasfees net so ’n belangrike gebeurtenis soos Kersfees. Wanneer hulle tuis is, gaan hulle kerk toe.

“Ons het grootgeword in ’n huis waar ons nooit paaseiers gesoek het nie. “Ek dink nie hulle het eers paaseiers gemaak destyds nie!” Hulle koop deesdae wel vir hulle kleinkinders paaseiers.

RICHARD VAN DER WESTHUIZEN

Richard van der Westhuizen sê hy het die afgelope tyd vreeslik baie rondgery en dit is vir hom lekker om net by die huis te wees. Hy beplan om goed uit te rus en “soos elke ander naweek” vleis te braai.

– Jana Smit

Ander stories op Huisgenoot.com:

Rugbyreus en ‘towenaar’ Fourie du Preez hang sy stewels op

Daar slaan Pastoor 007 se ‘swendelaar’ so waar as vet glo weer toe!

Twee sterf, 32 gehospitaliseer ná talle jonges gewilde nuwe dwelm by partjie gebruik

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!

Erik Holm: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’