Die akteur hervat vanjaar sy rol as dié titelkarakter in die opvolg op die ontkleedans-fliek wat in 2012 uitgereik en losweg op sy lewe gegrond is. Channing en sy vrou, Jenna Dewan Tatum het hul 19 maande oue dogter, Everly, by die huis gelos en Sondagaand die Golden Globe-pryse in Los Angeles bygewoon waar hulle oor die eersdaagse fliek gesels het. Hoewel Everly ’n paar hoogtepunte uit die fliek gesien het, het haar ouers haar ook beskerm teen van die tonele. “Sy was by die repetisies en dit was groot pret. Ons het gesê: ‘Kyk, pappa doen gimnastiek!’” het Jenna laggend vertel.

'Ja, dis net ’n bietjie gimnastiek, liefie, moenie bekommerd wees nie...”

Channing het met ’n oogknip aan ET gesê: “Ja, dis net ’n bietjie gimnastiek, liefie, moenie bekommerd wees nie...”

Jenna was baie nou betrokke by die projek en ons kan nie wag om te sien wat mense daarvan dink nie. Sy is doodseker Channing se vroulike aanhangers gaan die danspassies geniet.

“Sjoe, dis die lekkerste ding ooit,” het sy laggend gesê oor haar man se repetisies by die huis. “Ek kry die kans om al die choreografie te sien, na die musiek te luister en hy laat vir my insette lewer. Dis elke vrou se droom!”

Channing het op sy beurt laat hoor: “Ek het ’n ingeboude gehoor by die huis, jy weet – daar is ’n fokusgroep in my huis.”