MAAND lank het die Wêreldbeker-skouspel Suid-Afrikaners vasgenael gehou.

Maar nou is die vernuftige voetwerk van die sokkermeesters voorlopig eers weer ou nuus, met die Curriebeker en die rowwe, tawwe wêreld van rugby vol in die visier.

En ’n mens moet wonder: Hoe vergelyk die vaardighede en die talente van die slanke sokkerspelers met dié van die robuuste manne wat die ovaal bal jaag?

Dr. Ross Tucker, ’n sportwetenskaplike van die Instituut vir Sportwetenskap in Kaapstad, verduidelik hoe rugby- en sokkerspelers van mekaar verskil.

Lees oor die verskille in die Huisgenoot van 15 Julie 2010.