Benedna Maasdorp (43) het destyds 129 kg geweeg. “Ek het ’n klomp diëte gehad waarmee ek gaan sit en internet-navorsing begin doen het,” vertel die nou vietse ma van twee van Port Elizabeth. 

Sy het haar eie dieet uit die klomp ander diëte saamgestel en dit begin volg. Toe die kilogramme begin wegsmelt, het Benedna met gewigte begin oefen.

En die resultaat is ongelooflik. Nie net het sy 70kg verloor nie; sy spog ook met ’n soepel lyf waarvan baie droom. “Ek doen glad nie kardiovaskulêre oefeninge nie, ek oefen net met gewigte,” sê sy.

Destyds, toe sy begin dieet het, kon sy nie dieetkosse bekostig nie. Sy het begin deur eiers en kool te eet.

Benedna na haar gewigsverlies. Sy spog deesdae ook met ‘n ander haarstyl.

Benedna sê die grootste fout wat mense maak, is om te begin oefen voor hulle gewig verloor. 

Oor haar gewigstryd sê sy: “Ek was van kleins af ’n emosionele eter. Ek is deur my ma verwerp en my pa was altyd trots op my as ek ’n bord kos opeet,” onthou sy.

Sy het ’n kalsium-en-magnesiumproduk laat saamstel wat sy saam met haar oefen- en eetprogram begin drink het. Behalwe vir die bietjie geld wat sy deesdae met die produk maak, het Benedna nie ’n ander inkomste nie.

Benedna na haar gewigsverlies. Sy spog deesdae ook met ‘n ander haarstyl.

“My ma het my in st. 8 (deesdae gr. 10) uit die skool gehaal. Ek sukkel vreeslik om werk te kry,” sê sy.

Deesdae eet sy baie minder as voorheen, maar baie gebalanseerd. Haar dieet bevat vleis, groente en vrugte. “Die kombinasies van sekere groente en sekere proteïene is baie belangrik,” sê sy.