Net soos met 9/11 gaan dié datum deur talle as een van die swartste dae van hul lewe beskou word. Terwyl familie en vriende sukkel om die brokstukke weer aanmekaar te las, het daar troos uit ’n onverwagte oord opgedaag met net een boodskap: onvoorwaardelike liefde.

Twaalf golden retrievers word ingespan om dié wat deur die tragedie geraak is, te vertroos.
Hulle het reeds hospitale en kerke besoek, asook gedenkdienste en nagwake bygewoon.

Die honde is deel van die K-9 Comfort Dogs-span wat in 2008 deur die Lutherse Kerk se liefdadigheidsarm in die lewe geroep is.

Slagoffers van die 2013 Bostom-bom en die Sandy Hook-skietvoorval van 2012 het met hierdie wonderlike groep diere kontak gehad.

Tim Hetzner, president van die liefdadigheidsorganisasie, het gesê die honde help ’n gevoel van veiligheid bevorder. Dit stel mense in staat om hul waaksaamheid te verslap en te ontspan, asook om uiting aan hul kwesbaarheid te gee. Lees ook: Skokkende onthullings rondom Orlando-massamoordenaar en sy vrou “Ons het baie mense hier gehad wat ’n hond begin streel het, en dan in trane uitgebars het.”
Wat is ’n terapiehond? Kortliks is dit ’n hond wat opgelei is om liefderik teenoor mense in hospitale, aftreeoorde, skole, hospiese, rampgebiede en ook mense met outisme op te tree. Terselfdertyd stel hulle die mense met wie hulle in aanraking kom, op hul gemak.

Bronne: nytimes.com, time.com, justlabradors.com