In die meeste koerante net brokkies, behalwe The Times wat 'n dubbelblad af gestaan het aan diè halfeindstryd.

Die Suid-Afrikaners het Saterdag teen Nieu-Seeland verloor in die halfeindstryd van die Rugby Wêreldbeker.

Nieu-Seeland sal Saterdag dit teen Australië uitbaklei in die finaal. Australië het gister die Argentyne laat les opsê toe hulle hul wedstryd met 29-15 gewen het.

Huisgenoot het gaan kyk wat sê die koerante:

  • The Times skryf die All Black-afrigter Steve Hansen glo sy kaptein, Rickie McCaw is die slagoffer van 'n vendetta deur mense wat jaloers is op hom. Dit kom nadat McCaw daarvan beskuldig is dat hy die Suid-Afrikaanse flank, Francois Louw met sy skouer bygekom het. Na verdere ondersoek is bepaal Dit was McCaw se heup wat Louw se skouer getrek het.
  • 20151026_171020

  •  Daily Express berig dit was Richie McCaw se kalmte wat die wa deur die drif getrek het vir die All Blacks.
  • 20151026_171702

  •  Daily Mail en Daily Mirror skryf ook oor Steve Hansen en Richie McCaw en die feit dat McCaw nie aangekla sal word van enige gemene spel nie.

20151026_173313

20151026_173149