“Die man het ’n treinstel aanmekaargesit. Dis ’n projek waarvoor hy ’n hele ekstra gebou op sy erf opgerig het en ’n hele wêreld op sy eie daar herskep het. Ek het in my lewe nog nooit so iets gesien nie en is regtig hoogs beïndruk. Geboue, mense, gebeure in die fynste detail met sy eie persoonlike verhaaltjies en grappies daarin gebou. Dis die soort ding wat ek nooit moet begin voor ek aftree nie, want ek kan sien hoe dit hoogs verslawend kan wees en ’n  mens heeltemal kan insuig.”

Toe ek dié beskrywing van die sanger Chris Chameleon op Facebook lees oor Graham Guthrie (65), wat Chris se buurman was toe hy nog op skool was, wou ek dadelik dié wêreld sien. Toe ek Graham se “hele ekstra gebou” op sy erf in Risidale in Johannesburg binnestap, is my asem weggeslaan.

Ek het treine en spore verwag. Ek het nie verwag dat dit ’n landskap uit Duitsland is met busse wat loop, ’n polisiehelikopter wat amper-amper kan opstyg, piepklein mense wat ysskaats, ’n koei wat gras vreet, kabelkarretjies wat ry, ’n puttoilet waarvan die deur oop- en toegaan, ’n lopende waterfontein en mans wie se arms op en af gaan terwyl hulle bier drink nie.

Trein1

Van kleins af was Graham versot op treine. Toe hy ná sowat 30 jaar as ’n rekenaar-ingenieur by IBM op die ouderdom van 51 ’n vervroegde pakket gegee is, het hy geweet hy moet iets kry mee besig te bly. Hy het sy eerste treinstel in 2002 in ’n spaarkamer van sy huis begin bou. Hy het met twee treine begin en daarna “het ek net spore gekoop en spore gekoop en spore gekoop”. Toe die kamer te klein word, was ’n buitegebou, so groot soos ’n eenslaapkamerwoonstel, al uitweg. In 2006 het hy sy treinstel in die buitegebou begin bou.

Trein2

Graham het al ure aaneen in sy werkkamer gesit en aan elke detail van sy treinstel gebou. Sy vrou, Rina, sê hy het “eindelose geduld” om met al die fyn goedjies te werk wat soms so klein is dat hy ’n vergrootglas nodig het. Buiten vir die bouwerk, moet al die elemente op die treinstel ook gediens word ná 40 uur se gebruik.

trein3

Alles op die treinstel is geëlektrifiseer en geprogrammeer en alles het Graham self gebou.

trein4

Graham beheer die hele treinstel met ’n rekenaarprogram. Met dié program besluit hy watter treine en busse loop wanneer en watter dele van die treinstel wanneer werk. Hy kan ook sien  wanneer en waar iets skeefloop.

Trein5

Graham het honderde klein mensies op sy treinstel. ’n Mens kan hulle reeds geverf koop, maar dit is baie duur.

trein6

Graham verkies die ongeverfde mensies. Sy vrou, Rina het al ingespring om te help met die verwery, maar ná ’n paar honderd het sy gesê: Nooit weer nie. Tot die mense se skoene en dasse moet geverf word.

trein7

Die plastiekmensies wat Graham op sy treinstel het, wissel van ysskaatsers, bierdrinkers, swemmers, mensies wat in hotelkamers besig is, mense wat by treinstasies wag en mense by motorhandelaars.

trein8

So lyk die tekens wat op borde en geboue op die treinstel aangebring is. Die meeste van die elemente van die treinstel kom uit Duitsland, hoewel daar drie winkels in Johannesburg is waar ’n mens ook van die elemente kan kry.

Ná ure se gesweet en gesukkel en gebou, is die eindresultaat ’n voorstelling van ’n stasie in Duitsland met …

[caption id="attachment_56034" align="aligncenter" width="427"]… ’n stadsaal (die bouwerk het sowat twee weke geduur) … ’n stadsaal (die bouwerk het sowat twee weke geduur)[/caption]

[caption id="attachment_56035" align="aligncenter" width="472"]…. ’n stasie …. ’n stasie[/caption]

[caption id="attachment_56036" align="aligncenter" width="427"]…. ’n vuurtoring waarvan die lig werk …. ’n vuurtoring waarvan die lig werk[/caption]

[caption id="attachment_56037" align="aligncenter" width="431"]…. kabelkarretjies wat op- en afgaan. Die mense op die agtergrond op die ysskaatsbaan, skaats regtig. …. kabelkarretjies wat op- en afgaan. Die mense op die agtergrond op die ysskaatsbaan, skaats regtig.[/caption]

[caption id="attachment_56038" align="aligncenter" width="327"]….. ’n bus wat loop ….. ’n bus wat loop[/caption]

[caption id="attachment_56039" align="aligncenter" width="317"]…. dieselfde bus wat verby die stadsaal ry …. dieselfde bus wat verby die stadsaal ry[/caption]

[caption id="attachment_56040" align="aligncenter" width="408"]….. en dan is daar die treine ….. en dan is daar die treine[/caption]

[caption id="attachment_56041" align="aligncenter" width="360"]….. en nog treine ….. en nog treine[/caption]

[caption id="attachment_56042" align="aligncenter" width="454"]….. en nog treine ….. en nog treine[/caption]

[caption id="attachment_56043" align="aligncenter" width="423"]…. en ’n trein wat uit ’n tonnel kom …. en ’n trein wat uit ’n tonnel kom[/caption]

[caption id="attachment_56044" align="aligncenter" width="356"]…. en treine wat die stasie nader …. en treine wat die stasie nader[/caption]

[caption id="attachment_56045" align="aligncenter" width="257"]…. en nog treine …. en nog treine[/caption]

[caption id="attachment_56046" align="aligncenter" width="279"]…. en ’n stoomtrein …. en ’n stoomtrein[/caption]

[caption id="attachment_56047" align="aligncenter" width="516"]….. Graham se treine loop bogronds en ondergronds ….. Graham se treine loop bogronds en ondergronds[/caption]

trein23

Alles op die treinstel werk, sê Graham. Die ligte in die geboue het nie saam met die pakkette gekom wat hy gekoop het nie. Dié het hy self geïnstalleer. Graham het al selfs vir sy vriende ligte in hul modelgeboue geïnstalleer.

trein24

“Wanneer jy eers met modeltreine begin, het jy nooit genoeg nie en is jou treinstel nooit groot genoeg nie,” sê Graham.

trein25

Graham is deel van die Märklin-klub. Dit is ’n handjie vol modeltrein-versamelaars wat maandeliks bymekaarkom, kuier en idees vir hul treinstelle kry. Graham sê sy treinstel is een van die grootste in Suid-Afrika.

trein26

Al is hy al meer as 10 jaar besig met sy treinstel, hou hy steeds daarvan om na die treine te kyk en hoe hulle ry.

trein27

Dié trein is een van die jongste toevoegings. Hy het meer as 50 treine. Dié trein moet nog sy plek op die stel kry.

[caption id="attachment_56054" align="aligncenter" width="508"]Graham demonstreer hoe dit werk om ’n trein op die stel te laat loop. Graham demonstreer hoe dit werk om ’n trein op die stel te laat loop.[/caption]

[caption id="attachment_56055" align="aligncenter" width="537"]Hier kom die trein. Hier kom die trein.[/caption]

[caption id="attachment_56056" align="aligncenter" width="542"]Hier kom die trein. Hier kom die trein.[/caption]

[caption id="attachment_56057" align="aligncenter" width="405"]Graham kan selfs die ligte binne die trein aanskakel. Graham kan selfs die ligte binne die trein aanskakel.[/caption]

trein32

En dan is daar die stofsuier. Graham sê een van sy grootste probleme is stof op die treinstel. Al wat hy doen is om dié stofsuier aan een van die treine te hak en dan oral mee te ry.

trein33

Wanneer die stofsuier klaar die stof van die spore opgesuig het, maak hy die trein oop en haal die stof aan die binnekant uit.

[caption id="attachment_56060" align="aligncenter" width="600"]Graham en sy vrou, Rina Graham en sy vrou, Rina[/caption]

Rina (66), Graham se vrou, sê sy is gek oor haar man se stokperdjie. “Ek is mal daaroor dat hy iets het om homself mee besig te hou.”

Hilda Fourie

Foto's: ER Lombard