Ben Affleck en Jennifer Garner dra na bewering steeds hul trouringe.

’n Bron na aan die voormalige paar het onthul die twee klou om die kinders -- Violet (9), Seraphina (6) en Samuel (3) - se onthalwe aan hul ringe vas.

“Die kinders maak ’n groot deel uit van die rede waarom hulle steeds die ringe dra,” het ’n bron aan die tydskrif People vertel. “Hulle wil hê die kinders moet oukei wees.”

Ben (42) het verlede naweek vir die eerste keer sedert hulle uitmekaar is in die openbaar verskyn vir die bemarking van sy nuwe fliek, Batman v. Superman: Dawn of Justice, by Comic-Con International in San Diego, Kalifornië. Sy goue trouring was tydens die geleentheid prominent aan sy ringvinger.

Jennifer (43) werk in Atlanta, Georgia, aan haar nuwe rolprent, Miracles from Heaven. Sy het ook haar ring gedra. Die kinders bly tans by Jennifer terwyl die rolprent vervaardig word, maar Ben doen sy bes om die kleintjies so dikwels moontlik te besoek.

Die bron sê: “Ben is van plan om so dikwels moontlik by hulle te wees. Hy speel Mnr. Ma en dit is wat hy wil doen. Uit wat ons gesien het, is dit nogal minlik, hoe moeilik dit ook al is.”

Ben het oënskynlik na sy eks, Gwyneth Paltrow, gegaan vir raad en steun in hierdie tyd en met Jennifer “gaan dit baie goed”.

“Die kinders is by haar en dit is al wat sy wil hê,” het ’n vriendin aan die tydskrif gesê. “Sy is net so sterk soos altyd.”

© Cover Media