1.       Begin vroeg: Dit is die beste om met jou kinders daaroor te praat wanneer hulle nog jonk is. Op daardie ouderdom dink hulle nog nie hulle is te oud om oor sekere onderwerpe met hul ma te praat nie; dit maak dinge net ’n bietjie minder ongemaklik.

2.       Bespreek die fisieke veranderinge: Maak seker jy bespreek die fisieke veranderinge met jou seun, alles van hare wat oral gaan groei tot hul stem wat gaan verander. Jy moet eerlik wees oor hulle na meisies gaan begin kyk en verduidelik daar is niks mee verkeerd om van meisies te hou nie.

3.       Bespreek die tyd-faktor: Jou kind moet besef dis normaal dat hulle nie presies soos sy vriende gaan ontwikkel nie. Verduidelik daar is niks fout met hulle as dinge ’n bietjie vroeër of later gebeur nie, en dis oukei as hulle ook nie presies dieselfde soos hul vriende ontwikkel nie. Een seun gaan byvoorbeeld meer baard as ’n ander een kry.

4.       Doen jou navorsing: Kinders vra vrae en jy moet paraat wees. Jou kind moet weet hy kan enigiets met jou bespreek; jy gaan ook sekerder voel as jy enige vrae kan beantwoord wat hulle het.

5.       Bespreek respek en gemoedskommelinge: Jou seun se testosteroonvlakke neem tydens puberteit toe. Hy kan dus sterker en aggressiewer word. Hulle moet weet hoe belangrik dit is om mense, veral hul vroulike vriende, met respek en agting te behandel.

6.       Bly kalm: Jy kan nie ongemaklik oor die onderwerp raak nie. Moenie bloos of onvanpas lag nie.

7.       Wees reguit: Hy is jou seuntjie, maar hy gaan reguit gesprekke meer waardeer as metafore oor die bytjies en blommetjies. Met ouer seuns moet jy praat oor die realiteite van seksueel oordraagbare siektes, swangerskap en MIV/Vigs. Dit is moeilike onderwerpe, maar jou kind moet daaroor gewaarsku word.

8.       Masturbasie: ’n Man moet dit met jou seun bespreek indien enigsins moontlik. Seuns is in die algemeen sensitief hieroor, en in daardie opsig kan ma’s veroordelend voorkom. Maak seker jou seun voel nie skuldig hieroor as jy met hom moet praat nie; hy moet verstaan dit is heeltemal normaal. Praat ook met ’n man oor hoe om die onderwerp aan te raak.

9.       Besoek jou kind se dokter: Spreek sy dokter as jy bekommerd is dat daar onderwerpe is waaroor jy te min weet of wat jy nie self wil aanraak nie.

- Shandukani Mulaudzi

Bronne: popsugar.com, kidshealth.org, mnn.com, focusonthefamily.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.