Daar’s die Madiba Jive, die vrolike hemde, die warm glimlag. Die onverwagte oomblikke waarmee hy talle verras het. En dan die woorde van Nelson Rolihlahla Mandela (1918-2013) wat jou altyd sal bybly.

Nelson Mandela het Madiba vir die land, en die wêreld daarbuite geword.

A photo posted by optiphi (@optiphi) on

Kyk net hoe het hy daardie Madiba Jive tydens ’n optrede van die musiekgroep The Corrs gedoen. Kort voor lank swaai jy saam arms!

Waar het Madiba aan daardie wonderlike, uitbundige hemde gekom? Desre Buirski vertel van hul merkwaardige ontmoeting – en haar geskenk aan Madiba.
Rugbybetotteld of nie, wie sal ooit hierdie oomblik tydens die Wêreldrugbybeker-toernooi in Suid-Afrika kan vergeet?
Zelda la Grange het aan Newerk24 gesê sy mis Madiba vandag ekstra baie. Dié oudpresident sou vandag 98 jaar oud geword het. Sy en ’n groep motorfietsryers is besig om die land te deurkruis met die Bikers for Mandela-motorfietstoer waartydens hulle ter sy nagedagtenis goedewil en die gees van Ubuntu versprei.
Radio-omroeper Aiden Thomas het hierdie ikoniese uitbeelding van Madiba vandag gedeel.
Madiba se glimglag was een van die eienskappe wat hom uiters gewild by talle gemaak het.

A photo posted by Zarina (@zarinarich) on

Maar Madiba word veral ook onthou vir sy wyse woorde.

Ons deel tien van sy beste aanhalings:

1. Opvoeding is die magtigste wapen waarmee jy die wêreld kan verander.

2. Ek is in wese ’n optimis. Of dit uit oorerwing spruit of aangeleer is, kan ek nie sê nie. Deel van optimisties wees is om jou gesig na die son te rig en jou voete te laat vorentoe beweeg. Daar was vele donker oomblikke toe my geloof in die mensdom deeglik getoets is, maar ek wou en kon my nie aan wanhoop oorgee nie. Daardie kant toe lê neerlaag en dood.

3. Om armoede te klop is nie ’n welsynsdaad nie; dis ’n daad van geregtigheid. Nes slawerny en apartheid is armoede nie natuurlik nie. Dit is mensgemaak en mense kan dit deur hul optrede oorkom en uitwis. Soms het ’n geslag die keuse om groot dinge te vermag. Jy kan een van daardie mense wees. Laat jou grootheid van gees groei.

4. ’n Goeie kop en ’n goeie hart is altyd ’n formidabele kombinasie. Maar wanneer jy ’n geletterde tong of pen daarby voeg, dan het jy iets baie spesiaals.

nelson mandela kinders

6. Wrewel is soos om gif te drink en te hoop dit maak jou vyande dood.

7. Ek is nie ’n heilige nie, tensy jy ’n heilige beskou as ’n sondaar wat aanhou probeer.

Nelson haat

9. Daar is geen passie daarin om tevrede te wees met ’n lewe wat minder is as die een waartoe jy in staat is om te lei nie.

10. Ek het daardie lang pad na vryheid gestap. Ek het probeer om nie te struikel nie, maar ek het tog foute gemaak. Ek het ook ontdek nadat jy ’n groot heuwel uitgeklim het, wag daar nog baie heuwels. Toe het ek ’n oomblik geneem om te rus, om die pragtige uitsig om my te besigtig, om terug te kyk na die afstand wat ek afgelê het. Maar ek kan net vir ’n oomblik rus, want vryheid gaan met verantwoordelikhede gepaard. Ek durf ook nie sloer nie, want my lang pad is nog nie klaar nie.