Van meet af aan het die tonge geklap toe Demi (48) en Ashton (33) 'n paar jaar gelede afgehaak het. Kon dit hou? Dit was die vraag op almal se lippe.

En nou blyk dit die skrif is alreeds lankal aan die muur vir Demi (48) en Ashton (33), sê dié wat weet. Sy nuutste eskapade, 'n pret-aand in 'n borrelbad met 'n bloedjong blondine kan dalk net die doodslag vir hierdie veelbesproke paartjie se huwelik wees.

Lees gerus Nicola Whitfield se samevatting oor Ashton se nuutste manewales in die Huisgenoot, 13 Oktober 2011.

Volg Huisgenoot op Twitter.