Of jy nou gaande is daaroor of dit verpes, Stikeez is oral. Die versamelbare figuurtjies is gratis wanneer jy R150 by Pick n Pay bestee. Maar die plastiekspeelgoed is nou so in aanvraag dat mense dit op Gumtree en eBay verkoop.

“Die gemiddelde prys blyk sowat R10 per Stikeez te wees, terwyl voltooide versamelings sowat R200 kos,” sê Gumtree se bemarkingshoof, Claire Cobbledick, volgens EWN.

“Veel meer gebruikers verkies om dit te ruil eerder as te verkoop,” sê sy, en voeg by op een dag het die aanbieders hul advertensies op dieselfde dag verwyder, want die items is verkoop of verruil.

Claire is nie verbaas oor die nuwe neiging nie.

“As ’n ouer weet ek eerstehands kinders smeek om Pick n Pay toe te gaan net om hul versameling te voltooi voor die promosie eindig.

“Geklassifiseerde advertensies is ’n goeie manier om daardie Stikeez wat jy kort vinnig in die hande te kry sonder om die R150 te bestee en met duplikate te sit.”

Op eBay kan ’n volle versameling Stikeez enigiets tussen R59 en R119 haal.

Maar nie almal is ’n aanhanger van Stikeez nie.

“Dit is pret aan die einde van die maand wanneer jy kruideniersware koop, maar met drie kinders kan dit ingewikkeld raak in die middel van die maand,” het Jolandie Koekemoer op Parent24 se Facebook-blad gesê.

’n Ander gebruiker, Elize Skriker, stem saam. “ ’n Nagmerrie. Dit was pret aan die begin, maar nou – argh!”

Bronne: ewn.co.za, memeburn.com, parent24.com