TEKS:

Nou, danksy iPads van iSchoolAfrica en handboeke van Oxford University Press, gaan dit net nog beter met die wenners van dié spesiale projek. Hier is twee suksesverhale:

Meer entoesiasme en konsentrasie met die ipad

By dié skool op die Kaapse Vlakte het die iPad-laboratorium omtrent die lewens verander van die meer as 1 000 leerders wat nou blootstelling het aan dié tegnologie. “In my klas gebruik ons dit veral om maaltafels onder die knie te kry,” vertel Joline Lawrence, die gr. 4-onderwyser wat as een van laasjaar se 12 Kopskuifonnies aangewys is, en sodoende die iPads vir haar skool gewen het. Haar kollega, die Engels-onderwyser Beatie Schilder, gebruik die iPads om stories soos Aesop se fabels aan die kinders bekend te stel. Met die app kan die kinders die stories luister, oefeninge doen en vrae antwoord. Die musiekonderwyser, Allan Herdien, gebruik die iPads om kinders te leer instrumente speel. Pleks van ’n regte, duur klawerbord of kitaar, gebruik die onnie apps. “Musiekteorie kan nou prakties beoefen word.”

Hy leer praat met ’n ipad

Voor hy die eerste keer met ’n iPad te doen gekry het, het die outistieste Claude Moses (8) net deur gebare en geluide “gepraat” – maar toe laat sy onderwyser, Leigh Dunn, van die Elsen-eenheid vir kinders met spesiale leerbehoeftes by die Formosa Primêre Skool op Plettenbergbaai hom met die Talking Tom Cat speel. “Op ’n dag het Claude nog so met die app gespeel, toe kyk hy op en sê: ‘Kyk hier’. Ons kon dit nie glo nie.” Cecilia Moses, Claude se ma, sê hy het sedertien nog ’n klomp woorde by geleer: ‘brood’, die name van sy susters en ‘mammie’ en ‘daddy’. Leigh glo iPads kan onderwys vir kinders met spesiale behoeftes totaal verander. In sy klas het elke kind hul eie iPad. “Dit is ongelooflik wat dit vir hierdie kinders doen.

Opsoek na hulp met jou iPad?

’n iPad by die huis om met huiswerk en leerwerk te help kan waarlik jou kind se onderrig verander. Om ondersteuning vir ouers en meer inligting te kry of ’n plek by ’n gratis werkswinkel vir ouers te bespreek, gaan na www.iparent.co.za of klik hier om meer oor Kopskuif-onnies uit te vind.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.