Sy het onlangs foto’s van die burger, hoenderhappies en aartappelskyfies op Facebook gedeel.

Op die foto’s, wat soos ’n veldbrand versprei het, is die maaltyd effens bleker, maar dit lyk steeds of dit pas gekoop is.

happy meal 2

“Ek het hierdie Happy Meal ses jaar gelede by McDonald’s gekoop,” staan by foto’s. “Dit was heeltyd in ons kantoor, maar dit het glad nie gevrot, gemuf of ontbind nie. Dit ruik net na karton.”

Lees ook: Ooreet naweke net so sleg soos gemorskos-dieet

Jennifer, ’n chiropraktisyn, het verduidelik die doel van die eksperiment was “om pasiënte te wys hoe ongesond hierdie ‘kos’ is.

Veral vir ons kinders wat nog groei. Daar is soveel chemikalieë hierin. Kies regte, egte kos! Appels, piesangs, wortels, seldery . . . dit is regte kitskos.”

Dis ook nie die eerste keer dat beweer word McDonald’s se kos is oorlaai met preserveermiddels nie. Net verlede jaar het twee Australiërs, Eduard Neetz en Casey Dean, foto’s gedeel van ’n McDonald’s-burger wat glo 20 jaar oud is. Hulle het dit in ’n houtkissie gehou.

Net soos met Jennifer se eksperiment, het hul burger geen tekens van muwwerigheid getoon nie, maar dit was kliphard.

Lees ook: McDonald’s ontken bewerings van ‘vloekende Minion'

So, hoekom vrot hul kos nie? “Dit kan in werklikheid. Kos het vog in die lug nodig sodat muf kan vorm.

Daarsonder sal kos eenvoudig uitdroog – amper soos brood wat oornag op die toonbank geplaas word om as croutons gebruik te word in ’n vulsel,” was die verduideliking van die kitskoskettinggroep op sy webtuiste, mcdonalds.com.

“Julle het dalk al gehoor van eksperimente wat dit laat lyk of ons kos nie sleg word nie. Dit is heel moontlik omdat die kos gedehidreer het voor enige sigbare ontbinding kon plaasvind.”

Besluit maar of jy aan hul verduideliking wil byt . . .

Bronne: Buzzfeed, Facebook

Ander stories op huisgenoot.com:

Bobby van Jaarsveld in hospitaal

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???