[caption width="620" id="attachment_100065" align="alignnone"]Foto: Charles Russel Foto: Verskaf[/caption]

Luidens ’n verklaring van die familie reageer sy goed op die behandeling, selfs al het sy retrogressiewe geheueverlies en kan sy tans niks van die aanval onthou nie.

“Dat sy die aanval oorleef het, is ’n wonderwerk en haar herstel verbaas almal. Sy kan loop en kommunikeer. Die polisie beskerm haar tans omdat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die moorde nie,” lui die verklaring.

Marli se ouers, Martin (54) en Teresa (55), en haar oudste broer, Rudi (22), is op 27 Januarie in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch in ’n bylaanval vermoor.

Marli is met ’n byl teen die kop gekap en haar nekslagaar is glo met ’n mes gesny.

Haar ander broer, Henri (20), het net ligte beserings in die voorval opgedoen.

Marli se regspan het ook ’n nuwe foto van haar aan die media gestuur. Die foto is Vrydag van haar geneem en sy het self glo die foto gekies wat aan die media gestuur is.

Marli het intussen nog geen verklaring oor die tragedie by die polisie afgelê nie.

Netwerk24 berig ook dat Marli na sy ontslaan is die moordhuis besoek het om van haar persoonlike besittings te gaan haal.

Marli van Breda is deur lede van die polisie en haar regsverteenwoordiger, adv. Louise Buikman SC, na die huis vergesel. Louise is deur die hof as Marli se kurator aangestel.

Bykomende bron: Netwerk24