Die gemiddelde damvlakke landwyd het effens verhoog.

dam_wikimedia

Die damvlakke het tot 55,56 persent gestyg teenoor 54,9 persent dieselfde tyd verlede jaar, het die woordvoerder, Mlimandlela Ndamase, gesê.

Daar lê nog ’n lang herstelpad voor en Suid-Afrikaners word deur die moontlikheid van ’n moeilike winter in die gesig gestaar.

Die gemiddelde damvlakke in elke provinsie is:

  • Oos-Kaap 56,9 persent
  • Vrystaat 57,2 persent
  • Gauteng 86,7 persent
  • KwaZulu-Natal 47,1 persent
  • Limpopo 66,1 persent
  • Mpumalanga 67,8 persent
  • Noord-Kaap 93,6 persent
  • Noordwes 73,8 persent
  • Wes-Kaap 36,2 persent

Van die 211 damme wat gemonitor word, is 19 onder 10 persent vol, 46 tussen 10 persent en 40 persent, en 39 bo 100 persent.

Die damvlakke sal op Maandag 13 Februarie weer gemeet word.

Bron: News24