rentekoerse my vanjaar weer ry? Gaan ons vanjaar steeds klippe kou of is die ekonomie nou mooi op die herstelpad?

Met ’n bitter 2009 agter die blad, begin baie mense vermoed die lig in die finans-tonnel is darem nie meer dié van ’n aankomende trein nie. Die resessie is immers amptelik verby – is ons dus amper weer daar waar ons voor die groot ineenstorting was?

Nie rêrig nie, sê Dawie Roodt, ’n ekonoom van Efficient Group. ‘‘Dit het sleg gegaan in 2009 en vanjaar sal beter wees vergeleke daarmee, maar dit beteken steeds nie dit gaan werklik góéd gaan nie.’’

Tog is ekonome dit eens dat ons vanjaar die gordels effens losser kan maak.

Terselfdertyd sal ons steeds ’n ogie moet hou op hoeveel skuld ons maak en hoeveel ons bestee – veral omdat ons nog ’n rukkie die nasleep van die resessie gaan voel.

Mike Schüssler van Economists.co.za waarsku selfs dat mense steeds in die eerste helfte van die jaar dalk hul werk kan verloor. Hy en ander ekonome voorspel ook ’n rentekoersverhoging in die tweede helfte van die jaar – opnuut rede om mooi te dink voor jy nuwe skuld begin maak.

En natuurlik blaas die beginfluitjie vir die Fifa-wêreldbekersokkertoernooi eersdaags, wat die ekonomie ’n ekstra hupstoot sal gee. Soos Dawie dit stel: ‘‘Die 2010-gety gaan weer verskeie skepe lig.’’

Ons het ’n klompie ekonome gevra om in hul kristalbol te loer om vir ons ’n prentjie te gee van die ekonomie in 2010.

Vanjaar gaan beslis ekonomies makliker wees, maar verbruikers moet die lesse wat hulle verlede jaar geleer het, nou toepas, meen Danelee van Dyk, ’n ekonoom van Standard Bank.

‘‘Verlede jaar het almal besef hoe moeilik dit is om skuld af te los. Baie mense het bo hul vermoëns geleef en ’n duur les geleer toe die ekonomiese druk en die rentekoerse toeneem.

Lees meer oor wat die kenners voorspel in Huisgenoot van 14 Januarie.