’n 36-jarige is in hegtenis geneem na hy na bewering sy vrou en vyf kinders aangerand en gevange gehou het.

Die 36-jarige man, wat nie geïdentifiseer mag word nie om sy kinders te beskerm, het vanoggend in die Springs-landdroshof verskyn. Die saak is tot 4 Junie uitgestel.

Die beskuldigde bly in aanhouding. Hy sal dus volgende week om borgtog aansoek doen.

Die man is verlede week Donderdag in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vermoedelik uit hul huis aan die Oos-Rand gevlug het en na bure gegaan het.

“Vyf kinders tussen die ouderdom van twee en 16 is in die huis gevind. Die man se bure het die polisie ontbied,” het Johannes gesê.

Hier is foto's van die man se huis van gruwels in Springs:

f

d

c

b

a