Dis immers geleë in Nettletonweg, die duurste straat in Suid-Afrika, waar die gemiddelde huisprys R47,44 miljoen is.

Dit beskik oor ’n droomuitsig vanaf elke hoek en kant en beskik oor ’n swembad, ses slaapkamers, agt badkamers, ses motorhuis, ’n gimnasium en ’n wynkelder. Dis ongetwyfeld die perfekte plek om die goeie lewe te vier!

En Clare Wiese, die dogter van die suksesvolle sakeman Christo Wiese, het dit onlangs opgeraap! Clare, ’n sakevrou in eie reg en die stigter van die kontemporêre juweliersware-handelsnaam Paka Paka, het dit vir R90 miljoen gekoop.

Die luukse woning het belangstelling vanuit dertig lande gelok. Dit was die hoogste bod nog op ’n residensiële eiendom; R36 miljoen meer as die vorige rekord van R54 miljoen vir ’n huis in Sandhurst, Johannesburg.

Dit was aanvanklik vir R150 miljoen in die mark, maar vir twee jaar wou niemand byt nie. Die huis is gesamentlik deur The High Street Auction Company en Lew Geffen Sotheby’s International Realty bemark.

Kyk hier hoe lyk dit binne:

Bronne: timeslive.co.za, biznews.com, netwerk24.com, privateproperty.co.za.