Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, sê die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ’n plan in werking om die verspreiding van maatskaplike toelaes aan 17 miljoen begunstigdes oor te neem.

Dit is die agentskap se plan:

Fase 1: Beplanning vir die oorgang insluitend die uitfasering van die huidige diensverskaffer, wat tussen die 2015/16 en 2016/17 finansiële jare gedoen moet word: Sassa het die volgende aan die Grondwethof gesê: “Ons weet nie wat die bevredigendste vinnige oplossing vir die probleem kan wees nie. Ons kan bloot sê dit blyk onredelik te wees vir Sassa om aan sy besluit vas te klou om op sy eie krag staat te maak deur maatskaplike toelaes self te betaal as dit onredelike vertraging sal veroorsaak om die betaling van maatskaplike toelaes op ’n wetlike grondslag te plaas. “As Sassa byvoorbeeld ’n mededingende bod kan maak en ’n nuwe proses in plek kan stel, gestel ’n jaar van nou af, om ’n nuwe proses in werking kan hê, sal dit na ons mening onredelik wees om vir twee of drie jaar met die onwettige reëling met CPS voort te gaan net omdat Sassa daardie tyd nodig het om dit op eie stoom te doen.
“Sassa is na ons mening verplig om, binne redelikheid, die duur van sy onwettige reëling met CPS te verminder, indien nodig deur ’n mededingende bodproses van stapel te stuur en sonder uitstel ’n nuwe kontrakteur aan te stel.”
Fase 2: Die oorgang van die tydperk April 2017 tot Maart 2019: “Sassa behoort vir Nasionale Tesourie-goedkeuring aansoek te doen . . . Dit vereis vooraf goedkeuring van die Nasionale Tesourie vir afwykings van normale bodprosesse op grond van gronde buiten nood- of enkelverskafferstatus.

Fase 3: Volle inwerkingstelling van die betalingsplan van April 2019 af:

“Sassa se optrede tot op hede is gegrond op sy voorneme om die funksie van die betaling en administrering van maatskaplike toelaes self te behartig, ’n voorneme wat sedert minstens 2012 in die openbaar uitgespreek is.

“Sassa aanvaar nou dat, om hierdie voorneme op die kort tot medium termyn na te streef, onnodige vertraging sal meebring om die uitbetaling van maatskaplike toelaes op ’n wettige grondslag te plaas. Dit sal waarskynlik beteken dat Sassa net die doelwitte wat in die vorderingsverslag oorweeg word oor die medium tot langer termyn kan nastreef.

In hierdie stadium laat die Sassa-debakel ’n wolk van onsekerheid hang oor die uitbetaling van meer as 17 miljoen toelaes op 1 April.

Die Staande komitee op Openbare Rekeninge (Skoor) se voorsitter, Themba Godi, het Maandagoggend tydens ’n radio-onderhoud gesê dat R360 miljoen se onregmatige besteding verband hou met die CPS.

Minister Bathabile Dlamini sou voorts ook glo versoek dat daar nie in diepte daarop ingegaan moet word nie tot waar Skoor volledig oor die situasie ingelig sal word. “Die verspreiding van die toelaes was nie naastenby gereed nie.” Themba het ook aangedui dat onbevoegdheid nie die sleutel tot die debakel is nie, maar eerder ’n doelbewuste skuif om 'n krisis te skep sodat CPS kan voortgaan. “Daar is mense naby die minister, indien nie die minister sélf nie, wat voordeel trek uit die CPS-ooreenkoms.”

Terselfdertyd gons dit nadat Lumka Olifant, woordvoerder van die departement van sosiale ontwikkeling vroeër vandag geweier het om ’n onderhoud in Engels met Xolani Gwala op ’n plaaslike radiostasie te voer.
Sy het in Zoeloe aangedui dat sy nie namens die Tesourie kommentaar kon lewer rondom die ooreenkoms tussen Sassa en CPS nie. KLIK HIER om na Karyn Maughan se onderhoud met die minister, asook die gesinkte onderhoud met Lumka te luister.

Twitter se reaksie

Bron: news24.com