Die Nylkrokodil wat vroeër die maand ’n tienjarige seun in Mpumalanga gegryp het, is gevang.

Die krokodil van 3,25 meter het die die seun aangeval toe hy en sy maats op 4 Februarie in die Ngwaritsirivier naby Nelspruit geswem het, berig die Laevelder.

’n Polisie duikspan het later die seun se lyk sowat 10 km van waar die aanval gebeur het, gekry.

Verlede week het Chris Hobkirk, senior bewaringsamptenaar van die Mpumalanga toerisme- en parkeagentskap, die reusedier in ’n lokval vasgetrek.

Hulle het hom met ’n stuk vleis uitgelok en gevang en na ’n krokodilplaas buite Nelspruit vervoer.

“Krokodille is baie territoriaal binne ’n vier kilometer radius,” het hy aan die streekskoerant verduidelik.

Die streekskoerant het ook ’n video van die krokodil op YouTube gedeel: