Volgens die borg, Puma, is die stel klere ryk aan erfenis, bring dit hulde aan die span se lojale ondersteuners en het ’n treffende beeld van ’n bul se kop. Dit strek om die speler se lyf om ’n 360 o-effek te skep en wanneer die span op die veld bymekaarstaan, skep die ontwerp die indruk van ’n trop bulle wat met jare se geskiedenis sterk en verenig staan, sê die borg.