Andriëtte het vroeër vandag ’n foto van haar en haar verloofde op die sosiale netwerke Facebook en Twitter gedeel, maar die sangeres wil nie meer oor hom verklap nie.

Volgens ’n artikel in die vrouetydskrif Sarie wil Andriëtte haar verloofde se privaatheid beskerm; daarom maak sy net sy naam, Glynn, en nie ook sy van bekend nie.

Sy het wel vanoggend op Facebook en Twitter ’n foto van hulle gedeel en gesê: “Ek is verloof. Hier’s my wonderlike aanstaande.”

Talle aanhangers het Andriëtte op Facebook gelukgewens met die goeie nuus. “Veels geluk. Mag julle ’n wonderlike toekoms saam hê,” het een laat hoor, terwyl nog een wou weet wanneer hulle die verloofring gaan sien.

Ons kan skaars wag om die troufoto’s te sien!

- Lara Atson