Kinders kry dikwels hul liefde vir lees van hul ouers. Maar jy sal dalk jou benadering moet verander na gelang van jou kind se ouderdomsgroep. Hier is ’n paar wenke vir lees saam met jou voortiener van die Nal’ibali-lees-vir-pret-veldtog.

  1. Boeke, sprokies of tradisionele stories het dikwels illustrasies, wat dit geskik maak vir huiwerige lesers of dié wat laat weggespring het. Sodra jy in die roetine is van gereeld saam lees, kan jy korter romans begin inbring, want dit het gewoonlik eenvoudiger stories en minder lang, beskrywende passasies.
  2. As kinders van ’n jong ouderdom aan boeke blootgestel is, het hulle teen sowat 10-jarige ouderdom ’n voorkeur vir ’n spesifieke genre ontwikkel. Party kinders hou van stories oor karakters in werklike situasies, terwyl ander van fantasie hou. Dié voorkeur is heeltemal natuurlik en is deel van jou kind se rypwording as leser.
  3. Lees elke dag ’n paar hoofstukke van ’n boek saam.
  4. Onthou om ander leesstof ook te deel, soos tydskrifartikels, gedigte, koerante en materiaal wat jy van die internet afgelaai het.
  5. As jou kinders verkies om alleen te lees, kan jy ’n kort tydjie in die week opsysit om die boeke te bespreek wat hulle tans lees. Of jy kan dit minder formeel te maak deur hulle te vra wat in die vorige hoofstuk gebeur het wanneer hulle weer die boek optel om te lees.
  6. Hou aan om aan jou kinders voor te lees, al is hulle al bevoegde onafhanklike lesers. Kies boeke wat effe meer gevorderd is as hul huidige leesvermoë. Dalk kan jy weekliks ’n tyd uiteensit waarin julle saam lees. Hulle kan dan ander tye, soos net voor slaaptyd, stillees.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali-lees-vir-Pret-veldtog. Dit mik om kinders se potensiaal deur lees en stories vertel aan te wakker. Besoek http://nalibali.org/ of vind hulle op Facebook of Twitter vir nog inligting, leeswenke en storie-idees wat jy met jou kinders of leesklub kan deel.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.