MET’n groot familie van drie vroue en meer as 20 kinders, is pres. Jacob Zuma volgens die Afrika-tradisie ’n rykman.

Maar dis nie ál opsig waarin die Zumas vermoënd is nie: Deur ’n uitgebreide sakeryk en belange in ’n magdom maatskappye is die Zuma-familie vinnig besig om een van die voorste dinastieë in die land te word.

In Maart vanjaar het die koerant Mail & Guardian onthul van die 16 volwassenes in Zuma se binnekring – vroue, kinders en minnaresse – het 15 sakebelange en saam met Zuma beklee hulle meer as 130 direkteursposte of is lede van beslote korporasies.

Dié getal kon intussen nog gegroei het.

Benewens hierdie geld wat die Zumas uit hul privaat sakebelange maak, kry die president se gesin jaarliks ook nog meer as R15 miljoen uit die staatskas vir onderhoud.

Die Zumas se sakebetrokkenheid strek oor ’n wye spektrum ondernemings – van eiendom, handel, mynwese en telekommunikasie tot inligtingstegnologie.

Presies hoe groot die familie se rykdom in rand is, is baie moeilik om te bepaal.

Lees die volledige artikel en sien 'n ongelooflike inligtingsgrafika hieroor in die Huisgenoot van 2 September 2010