Jou kind kan nie die vreugde van lees ontdek sonder ’n goeie boek nie. En hoe meer boeke kinders om hulle het, hoe groter is die moontlikheid dat hulle een gaan wil lees. Maar hoe weet jy watter boeke is goed vir jou kinders? Wel, ’n goeie boek is eenvoudig een wat jou kind geniet. Hier is ’n paar wenke wat jou boeke kan help kies wat jou kind gaan geniet.

  • Babas en kleuters hou dikwels van boeke met groot, kleurryke prente en min woorde. Hulle hou ook van eenvoudige stories met foto’s en kort sinne, en boeke met rympies. Boeke wat van lap of bord gemaak is, is ook dikwels die praktiesste, want babas hou daarvan om dit te kou, slaan en laat val.
  • Kinders tussen twee en een jaar geniet meestal prentboeke – stories met foto’s en bykomende teks wat in een slag gelees kan word. Die stories kan oor die alledaagse lewe wees of oor die denkbeeldige wêreld van feetjies, drake en pratende diere wat hulle soos mense gedra. Kinders in dié ouderdomsgroep geniet ook dikwels eenvoudige informatiewe boeke met baie foto’s.
  • Tussen ses en 11 jaar leer die meeste kinders nog lees. Baie geniet nog fotoboeke en geniet dit veral om boeke te lees wat vroeër aan hulle voorgelees is. Soos wat hulle hoofstukboeke begin lees, ontdek kinders dikwels spesifieke skrywers wie se boeke hulle geniet. Resepte- en doen-dit-self-boeke, sowel as grap- en feiteboeke, is gewild onder dié ouderdomsgroep.
  • Gereelde lesers van 12 en ouer kies gewoonlik self boeke. Stel nuwe skrywers voor aan kinders van dié ouderdom. Of stel skrywers voor wat in ’n soortgelyke styl of oor soortgelyke onderwerpe skryf as dié wat hulle reeds geniet. Baie tieners geniet dit om boeke te lees oor die uitdagings van grootword, terwyl ander na ’n fantasiewêreld wil ontsnap.

Onthou, jou kinders gaan die res van hul lewe boeke kies; dit is ’n waardevolle vaardigheid. Wys hulle hoe om dit te doen en moedig hulle aan om boeke te beproef wat hulle interesseer.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali Lees-vir-Pret Veldtog. Besoek die Book Box op die Nal’ibali-webtuiste vir idees oor die boeke wat jou kind dalk sal geniet.