Harry Potter-aanhangers het in November vanjaar vier dae lank in ’n Poolse kasteel die Czocha College of Witchcraft and Wizardry bygewoon. Die groep vergader volgende jaar van 9 tot 12 April weer.

Tydens die eerste byeenkoms het bykans 200 mense van 11 verskillende lande studente, onderwysers en ander towenaars gespeel.

Deelnemers was in vyf verskillende huise ingedeel en moes werk om hul S.P.E.L.L, oftewel die Senior Protective Enchanter’s Lifelong License, te bekom.

Buite die klas het studente towenaarsdanse bygewoon, die towergrond verken en natuurlik Quidditch gespeel.

Die ervaring sal jou ongeveer R3 855, reiskoste uitgesluit, uit die sak jaag.

Bron: Time

Loer gerus na die video hier: