Vir Boer Soek ’n Vrou-aanhangers is dié werklikheidsreeks op kykNET nie net nog ’n TV-program nie; dis ’n instelling.

’n Mens kyk mos nie net so na dié program nie; jy moet seker maak jy is gereed vir al die drama, emosie, intrige en opwinding.

Dis iets waaroor bespiegel word, waar die boere teen mekaar opgeweeg en die meisies met ’n valkoog dopgehou word. En dan groei die opwinding as die boere die “regte” meisies kies om by hulle op die plaas te kom kuier.

Lees ook: Vorige Boer Soek ’n Vrou-aanbieders, Nadia, Elma en Angelique, gee nuweling Minki raad

Natuurlik is daar ook die geskokte teleurstelling as die “verkeerde” besluit geneem word, veral wanneer die seisoen einde se kant toe staan . . .

Wie wil dan nou ’n Amerikaanse afspraakreeks hê as ons na ons eie een kan kyk, reg van die plaas af?

Geharde Boer Soek ’n Vrou-kykers weet teen hierdie tyd seker al die volgende seisoen begin op 20 Oktober met Minki van der Westhuizen as die nuwe aanbieder.

Lees ook: Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Nou moet geesdriftiges hulle net voorberei op die negende seisoen. Die enigste manier om jouself gereed te kry, is om die vorige seisoene te binge.

Dis waar ShowMax inkom! Die laaste twee seisoene – sewe en agt – is van vandag af op dié platform beskikbaar. Nou kan verslaafdes van dié maatsoekreeks sonder ophou sit en kyk.

Werk deur al die programme van die vorige twee seisoene sodat jy vrousoekfiks is wanneer die nuwe boere se soektog begin. Vrou-soek is immers nie perde koop of ploeg of oes nie. Hoe raak jy ingelig? Teken op ShowMax in kry jouself gereed vir seisoen nege.