[caption id="attachment_167706" align="alignnone" width="600"]Foto: Pexels Foto: Pexels[/caption]

Teen hierdie agtergrond bied SADAG (The South African Depression and Anxiety Group) vandag ’n hele paar programme op sosiale media aan om depressielyers te ondersteun en aan te moedig om daaroor te gesels.

Volgens SADAG ly ongeveer 1 uit 6 Suid-Afrikaners aan depressie. Depressie is ook die hoofoorsaak van selfdood. In Suid-Afrika vind 23 geslaagde selfdoodvoorvalle daagliks plaas, met ’n verdere 460 pogings tot selfdood.

SADAG se direkteur, Cassey Chambers, sê mans is meer geneig tot selfdood weens depressie as vroue omdat hulle nie hulp soek voordat dit te laat is nie.

Kyk uit vir die volgende en gesels saam:

’n Verskeidenheid aanlyn videos word Vrydag op SADAG se webblad vrygestel. Onder andere gesels die aktrise Lillian Dube oor haar ervaring met depressie, dr. Frans Korb bespreek depressie by mans en die sielkundige Zamo Mbele gee wenke hoe om depressie te hanteer.

Aanlyn gesprekke word op SADAG se Facebookblad aangebied waar twee sielkundiges vrae beantwoord en hulp gee.

Tussen 13:00 en 14:00 is Liane Lurie aan die woord, terwyl Linda Blokland van 19:00 tot 20:00 aan die beurt kom.

’n Twittergesprek #DepressionZA vind ook tussen 13:00 en 14:00 plaas waar kenners inligting deel hoe om depressie te verstaan en daarmee te deel. Om deel van die gesprek te wees, volg die Twitter-gebruiksnaam @TheSADAG